Kyk: ‘Kaper deur beoogde slagoffer raakgery’

Deel hierdie storie / Share this story

Wat blyk om moontlik ‘n kaper met ‘n vuurwapen te wees, is deur ‘n voertuig wat deur sy beoogde slagoffer bestuur word, raakgery.

Die voorval kan gesien word in ‘n video wat wyd op sosiale media versprei word.

Die video word vanuit ‘n voertuig geneem wat ‘n kruising met verkeersligte nader. Daar kan gesien word hoe ‘n voetganger van die linkerkant af na die voertuig toe beweeg en ‘n vuurwapen uitpluk, waarna hy deur die voertuig getref word.

Indien jy weet waar hierdie voorval plaasgevind het, laat gerus ‘n boodskap in die kommentaar.

Bron: Intelligence Bureau SA en Yusuf Abramjee

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel