Ses mense in 24 uur in Heinz Park doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: ANC vra vir vrede tussen Israel en Palestina

HEINZ PARK, KAAPSE VLAKTE. – Die polisie het bevestig ses mense is in minder as 24 uur in Heinz Park doodgeskiet.

Die eerste moorde het Saterdagaand plaasgevind na drie mans (onderskeidelik 19, 37 en 51 jaar oud) in Cornflowerstraat doodgeskiet is. Twee verdagtes is vir daardie moorde in hegtenis geneem.

Die tweede voorval het Sondagmiddag plaasgevind toe vier gewapende verdagtes op ‘n groep geskiet het. Twee mans (34 en 41) en ‘n tienerseun (17) is oorlede. Die verdagtes in Sondag se skietery is nog nie in hegtenis geneem nie.

Die redes vir die aanvalle is onbekend.

Bronne: IOL, The Africa, African News Agency, VN Explorer

Lees ook: ANC vra vir vrede tussen Israel en Palestina