Dodetal in Israel-Palestynse konflik styg tot byna 1 200

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: ANC vra vir vrede tussen Israel en Palestina

ISRAEL. – Israel se verdedigingsminister het gesê owerhede gaan elektrisiteit vir die Gaza-strook afsit en kos en brandstof blokkeer. Die dodetal in die konflik het tot byna 1 200 gestyg, met die verwagting dat dit sal toeneem.

Israel se weermag beskerm die grens en is na Hamas-vegters op soek na laasgenoemde Israel Saterdag aangeval het.

Minstens 700 persone het in Israel omgekom en minstens 500 mense is in Gaza dood vandat die aanval begin het.

Duisende mense is beseer, terwyl die aanvalle voortduur. Hamas het minstens 170 mense, meestal vrouens, kinders en ouer mense, as gyselaars ontvoer.

Bronne: The Himalayan, Gulf News, The National

Lees ook: ANC vra vir vrede tussen Israel en Palestina