Lees ook: Israel-Palestynse konflik – dodetal styg tot meer as 1 000
SUID-AFRIKA. – Die ANC het gevra vir vrede tussen Israel en Palestina na Hamas Israel Saterdag aangeval het.
Die ANC het Israel se beleid om sy burgers in die Palestynse gebiede te vestig vir die nuutste konflik blameer en gesê die Israeli’s neem die Palestyne se grondgebied oor.
Die ANC het die situasie in Palestina met apartheid in Suid-Afrika vergelyk en gesê dit is aan die kant van die Palestyne. Hulle het vir vrede tussen die twee lande gevra en gesê hulle ondersteun nie die geweld nie.
Minstens 170 persone is deur Hamas ontvoer toe hulle Israel Saterdag aangeval het. Die dodetal in die konflik staan al op meer as 1 100, met die verwagting dat dit verder sal styg.
Bronne: IOL, Jacaranda FM, SABC
Lees ook: Israel-Palestynse konflik – dodetal styg tot meer as 1 000



