Lees ook: Israel verklaar oorlog teen Hamas
ISRAEL. – Die dodetal in die konflik tussen Hamas en Israel het tot meer as 1 100 op die derde dag van die konflik gestyg.
Die militante groep Hamas het Saterdag vuurpyle op Israel gevuur, militante oor die grens gestuur en minstens 170 burgerlikes ontvoer. Israeli’s in die strate doodgeskiet. Minstens 250 persone is by ’n musiekfees doodgeskiet.
Israel het Sondag teenaanslae geloods en formeel oorlog teen Hamas verklaar. Vuurpyle word steeds van albei kante afgevuur en die dodetal sal na verwagting aanhou styg.
Die konflik het ’n globale impak met verskeie lande – Brasilië, Brittanje, Duitsland, Frankryk, Ierland, Meksiko, Thailand, Nepal en Oekraïne – wat sê hulle burgers is vermoor, ontvoer of as vermis aangemeld.
Die Hamas-groep het gesê die “Arabiese en Islamitiese nasies” moet by hulle stryd aansluit en dat hulle nie gaan opgee nie.
Bronne: Ahram Online, BBC, IOL
Lees ook: Israel verklaar oorlog teen Hamas



