Kritiek beseerde baba gevlieg nadat familie van ses in ongeluk is

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Jong baba, wat Saterdag in ‘n motorongeluk kritiek beseer is, is met ‘n Netcare 911-helikopter na ‘n vlak 1 trauma-eenheid gevlieg. Nog vyf familielede is in die ongeluk, wat op die N2 rigting noord, naby Tinley Manor, plaasgevind het, beseer.

IPSS Medical Rescue sê die baba word tussen 7 en 9 maande oud geskat. Slegs die familie se motor was in die ongeluk betrokke. Nog een persoon het kritiek seergekry en vier het ernstige beserings opgedoen.

Daar is besluit om die jong pasiënt met die helikopter te vervoer, terwyl die ander beseerdes met ambulanse na verskeie hospitale vir behandeling geneem is.

Bron: IPSS Medical Rescue

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel