Kyk: Jong seuns in begraafplaas op kamera vasgevang

Deel hierdie storie / Share this story

Volg die onderstaande skakel na die video:

https://web.facebook.com/664603611/videos/3463207810609734/

In ‘n CCTV-video-opname van 3 Oktober wat reeds meer as 1 500 keer op sosiale media gedeel is, kan gesien word hoe drie jong seuns die middag, vermoedelik volgens die plasing in die Vredefort-begraafplaas, probeer om grafstene om te stoot en na ander skop.

Daar word daarin geslaag om een van die groot stene om te stoot.

In die meer as 500 kommentare op die voorval word daar ondermeer voorgestel die seuns moet vir kostes verantwoordelik gehou word, vir ‘n paar maande die gate vir begrafnisse grawe of selfs die begraafplaas vir ‘n paar maande kosteloos in stand hou.

Laat weet gerus indien jy meer van die voorval weet.

Hoe dink jy moet so ‘n situasie met jong kinders hanteer word?

Bron: Janneke Mckay Botes Facebook-blad

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel