Bejaarde vrou op Bethelsdorp vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – Sophie Erasmus (89) is Saterdagoggend omstreeks 09:00 in haar huis in West End op Bethelsdorp vermoor deur ‘n familielid aangetref. Daar was geen tekens van geforseerde toegang nie. Sy is glo met ‘n stomp voorwerp oor haar kop en gesig geslaan.

Col. Priscilla Naidu sê sy is gevind waar sy in die sitkamer met haar gesig na onder en hande agter haar rug vasgebind gelê het. Haar handsak blyk tot dusver die enigste vermiste item van die toneel te wees.

Daar word vermoed die motief vir die moord kan roof wees en die polisie versoek hulp van die publiek om die moordenaars van die bejaarde vrou op te spoor.

Enigiemand met inligting van die moord kan speur.sers. Ralton Tarentaal by 064 119 4437 bel.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel