Lees ook: Weerdiens waarsku teen hittegolwe
LOHATLA, NOORD-KAAP. – ’n Veldbrand het gistermiddag die lewens van ses weermaglede geëis terwyl drie ernstig beseer is.
’n Brand by ’n nabygeleë myn het tot by die weermagopleidingsentrum versprei. Die brand is deur sterk winde van tot 70 km/uur aangehits.
Die name van die oorledenes sal bekend gemaak word sodra hulle families van hul afsterwe ingelig is.
Bronne: EWN, IOL, TimesLIVE
Lees ook: Weerdiens waarsku teen hittegolwe



