Lees ook: Donald Trump in New York aangekla vir bedrog in siviele saak
VSA. – Donald Trump het ’n federale hof gevra om die aanklagtes van inmenging in die 2020-verkiesing teen hom te laat vaar, want hy het “presidensiële immuniteit” gehad.
Trump se prokureurs het gesê sy pogings om die 2020-verkiesinguitslae om te keer, was “deel van sy verantwoordelikhede as president”. Hulle het gesê sy optrede was om “die integriteit van die verkiesings te verseker”.
Trump is vanjaar in verskeie kriminele sake aangekla.
Bronne: BBC, The New York Times, CNBC
Lees ook: Donald Trump in New York aangekla vir bedrog in siviele saak



