Lees ook: Donald Trump se Georgia-verhoor sal uitgesaai word
NEW YORK, VSA. – Donald Trump is Dinsdag in ‘n siviele saak aanspreeklik bevind vir bedrog met sy sakeondernemings in die laaste dekade.
Die regter, Arthur Engoron, het bevind Trump en sy besigheid het banke, versekeraars en krediteure mislei deur vals waardasies van sy eiendomme op finansiële state te verskaf. Die aanklaer in die saak het aangevoer Trump het dit gedoen om beter lenings en versekering te kry en minder belasting te betaal.
Trump se oudste seuns, Don jr. en Eric, asook die Trump-organisasie, word as verdedigers in die hofsaak genoem. ‘n Boete van R250 miljoen en die blokkering van sekere lede van die Trump-familie om die Trump Organization te bestuur, word gevra.
Die regter sal volgende week oor Trump se straf besluit, maar van sy besigheidslisensies is teruggetrek sodat hy nie in New York besigheid kan doen nie.
Bronne: DW – South Africa, The Wire, Reuters
Lees ook: Donald Trump se Georgia-verhoor sal uitgesaai word



