KZN. – ‘n Seun (8) in graad 3 is glo Dinsdagoggend by sy laerskool in Phoenix met dagga betrap.
Reaction Unit South Africa sê die kind is opgemerk waar hy aan die dagga wat in ‘n banksakkie was, ruik.
Die kind het na bewering aan beamptes gesê hy het die dagga by sy oom gekry.
Hy het glo die dagga met ander gr. 3-leerlinge gedeel.
Bron: Reaction Unit South Africa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



