LEES OOK: SA het die sewende hoogste vlak van georganiseerde misdaad ter wêreld
Die Regterlike Dienskommissie (RDK) het regters Fayeeza Kathree-Setiloane en Shane Kgoele by president Cyril Ramaphosa aanbeveel vir aanstelling in die Hoogste Hof van Appèl (SCA).
Die RDK het tien onderhoude gevoer om vier vakatures by die SCA te vul. Die Kommissie het egter gekies om slegs twee kandidate vir aanstelling aan te beveel. Die RDK voer vandeesweek onderhoude met ‘n totaal van 34 kandidate vir verdere vakatures regoor die land.
Kommissaris Mvuzo Notyesi van die RDK het gesê: “Na die onderhoude het die RDK besluit om die President aan te raai om die volgende kandidate aan te stel: Regter Kathree-Setiloane en Regter Shane Kgoele. Die ander twee poste wat nie gevul is nie, sal heradverteer word.”
#RDK #JSC #Regters #Nuus



