OOS-KAAP. – Anzil Williams (16), ‘n gr. 11-leerling van die Sekondêre Skool Humansdorp het Saterdag in Knysna, by die sewesrugby sy nek tydens ‘n wedstryd teen Rheenendal Boys se onder 16-span op twee plekke gebreek. Hy het ernstige nek- en ruggraatbeserings opgedoen.
Die skool het in ‘n plasing op sosiale media gebed vir die leerder gevra na dokters vir sy familie gesê het hy is van die nek af ondertoe verlam.
Paramedici het Williams op die veld behandel voordat hy vir verdere mediese behandeling saam met sy afrigter per ambulans van Knysna na George geneem is en daarna na Kaapstad waar hy tans in ‘n hospitaal is.
Bronne: Sekondêre Skool Humansdorp en Titans Rugby Academy
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



