GAUTENG. – Brian Maphanga is Vrydagmiddag 22 September na 17:00 deur polisielede van Alexandria-polisiestasie opgemerk waar hy in Voortrekkerstraat goedere vanuit ‘n voertuig verkoop.
Maphanga, in ‘n koerieruniform, is voorgekeer, waarna vier geseëlde pakkies met reeksnommers in sakke van ‘n koeriermaatskappy in sy besit gevind is. In die sakke was duursame horlosies, Boss-leergordels en ‘n splinternuwe Samsung-selfoon.
Tydens ondervraging is Maphanga deur vriende gebel. Die polisie het hulle in dieselfde straat met nog geseëlde pakkies in hulle besit aangetref. In die pakkies was horlosies en gordels, asook ‘n rol plakkers met reeksnommers van ‘n koeriermaatskapoy.
Die vier vriende van Gauteng tussen 29 en 41 jaar is vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom met ‘n geskatte waarde van R181 250 aangehou.
Tydens hulle hofverskyning op 26 September het Maphanga skuldig gepleit en is tot 18 maande tronkstraf, wat vir drie jaar opgeskort is, gevonnis.
Die klagtes teen die ander drie persone is deur die hof onttrek.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



