Europa se oudste skoene in grot ontdek

Deel hierdie storie / Share this story

SPANJE. – Wetenskaplikes het Europa se oudste skoene, vermoedelik ongeveer 6 000 jaar oud, in die Vlermuisgrot, oftewel Cueva de los Murciélagos, in Andalusië, ontdek.

Die 20 espadrille-sandale in kindergroottes wat van gras en leer gevleg is, is deur lae humiditeit en koel winde gepreserveer en dateer uit die Neolitiese tydperk.

Altesaam 76 voorwerpe is in die grot gevind. Met ‘n nuwe dateringstegniek is gevind dat dit inderdaad 2 000 jaar ouer is as wat daar aanvanklik vermoed is. Sommige van die items dateer sover as 9 000 jaar terug.

Die eienaar van die grond het eerste gedurende 1831 vir die doel van die vlermuise se mis toegang tot die grot gehad. Twee dekades later het myners die verdere ontdekking van onder meer gedeeltelik gemummifiseerde lyke, mandjies en houtgereedskap gemaak.

Bronne: BBC, The Times en The Telegraph

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel