KWAZULU-NATAL. – Verskeie persone is Vrydagoggend net voor 07:30 beseer toe vier voertuie op die hoek van South Coast- en Kenyon Howdenpad in Durban in ‘n botsing betrokke was.
ALS Paramedics het met aankoms op die toneel voertuie regoor die interseksie gevind. Meer lewensondersteunende paramedici is na die toneel ontbied.
Altesaam 10 persone het ligte tot matige beserings opgedoen waarna hulle op die toneel gestabiliseer is alvorens hulle vir verdere mediese behandeling na nabygeleë hospitale geneem is.
Die omstandighede van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.
Bron: ALS Paramedics
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



