Dubbelmoord op getroude paar ondersoek

Deel hierdie storie / Share this story

GQEBERHA, OOS-KAAP. – Jason Bruintjies (29) en Anneline Bruintjies (28) is Donderdag dood aangetref in Barendsstraat in Salt Lake waar hulle in Gqeberha by Jason se ouers gebly het.

Kol. Priscilla Naidu sê die polisie is omstreeks 12:00 na die adres ontbied.

Die egpaar was na bewering reg voor hulle dood is in ‘n fisiese struweling betrokke. Beide het verskeie steekwonde aan hulle liggame opgedoen.

Die Bethelsdorp-polisie ondersoek die dubbelmoord.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel