NOORD-KAAP. – Keobakile Riet (28) is Woensdag vir bedrog in die Kimberley-landdroshof skuldig bevind nadat hy vir indiensneming by die polisie met ‘n vervalste matrieksertifikaat aansoek gedoen het.
Lt.kol. Sergio Kock sê Riet het gedurende die 2021/2022-werwingstydperk van die polisie vir indiensneming aansoek met die vervalste sertifikaat gedoen.
Nadat vasgestel is die matrieksertifikaat is vervals, is Riet in hegtenis geneem.
Hy is in die Kimberley-landdroshof skuldig bevind aan bedrog en ‘n boete van R1 000 of ses maande tronkstraf wat in geheel vir drie jaar opgeskort is,aan hom opgelê.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



