Moordverdagte ‘hang homself’ in polisieselle

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Richard Azwindini Mamali (27) is Donderdagoggend omstreeks 05:00 tydens selbesoek gevind waar hy homself glo in die Thohoyandou-polisieselle gehang het.

Kol. Malesela Ledwaba sê Mamali het vroeër op twee klagtes van moord in die Thohoyandou-landdroshof verskyn.

Hy het na bewering op 3 September sy meisie by wie hy twee kinders het, doodgesteek, waarna hy gevlug het. Hy is op 19 September in sy wegkruipplek in Mahwelereng in hegtenis geneem.

Die oorledene is vermoedelik ook verantwoordelik vir die brutale moord op ‘n man, ‘n week nadat hy na bewering sy meisie doodgemaak het. Sy ID is langs die oorledene gevind. Daar word vermoed hy wou voorgee om dood te wees, maar die man se eie ID is in sy sak gevind.

Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.

Opod het ook die selfdoodtoneel in die polisieselle besoek om hulle eie ondersoek te doen.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel