Lees ook: Harry Potter-akteur Michael Gambon oorlede
SKUKUZA. – ’n Mosambiekse burger wat reeds ’n vonnis van 19 jaar uitdien na hy ’n renoster in die Kruger Nasionale Park doodgemaak het, is tot ’n addisionele 10 jaar gevonnis vir nog ’n renoster se dood.
Die hof het gehoor Lucky Mabunda het tussen Februarie en September 2019 by die park ingegaan en begin jag. Hy is in dieselfde maand deur die veldwagters gekry met ’n vuurwapen, ammunisie, byl en ander gereedskap wat vir jag gebruik word. Hulle het op twee renosterkarkasse afgekom en Mabunda in hegtenis geneem.
Die bewys van koeëls gevind in ’n renoster wat in Februarie 2019 doodgemaak is, is gekry en dit is bewys Mabunda het daardie een ook doodgemaak. Hy is skuldig bevind en tot 10 jaar tronkstraf gevonnis.
Bronne: IOL, Algoa FM, TimesLIVE



