Lees ook: EFF eis dat 120 munisipale werkers afgedank vir staking weer aangestel word
WES-KAAP. – Die EFF in die Wes-Kaap het hulle plan aangekondig om ‘n stilstand in die Wes-Kaap te veroorsaak.
‘n Stilstand word beplan na verskeie taxi’s in die Wes-Kaap geskut is omdat dit nie padwaardig is nie en oor ootredings aan die padreëls deur die bestuurders begaan.
Die EFF het gesê hulle voel van die taxi’s is onregverdig geskut en hulle gaan Maandag na die plek waar die geskutte taxi’s gehou word opruk.
Leiers van die taxi-industrie het gesê hulle het geen deel aan die reël van die stilstand nie en het niks daarmee te doen nie.
Bronne: SABC, IOL, All Africa
Lees ook: EFF eis dat 120 munisipale werkers afgedank vir staking weer aangestel word



