Verdagte in moord op Ben Gumbi wil weer aansoek doen om borg

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Polisie op soek na nog verdagtes in Ben Gumbi-moord

RUSTENBURG. – Sibongiseni Ngubane, die verdagte in die moord op die sakeman Ben Gumbi, wil weer om borg aansoek doen.

Sy prokureur het gister vir die hof aangevoer die bewyse wat die staat gebruik het, is nie met hulle gedeel nie. Die NPA het daarop geantwoord die staat het gesê Ngubane se prokureurs het genoeg tyd gehad om die bewyse te kry en deur te gaan voor sy borgaansoek.

Die staat het gesê Ngubane se lewe is in gevaar, want hy is net een van vier verdagtes betrokke in die moord op Ben Gumbi en die ander drie is steeds vry.

Die saak is uitgestel tot 2 Oktober wanneer dit sal besluit word of Ngubane weer aansoek kan doen vir borg.

Bronne: IOL, TimesLIVE, OFM

Lees ook; WhatsApp gaan nie meer werk op sekere selfone in Oktober nie