WhatsApp gaan nie meer werk op sekere selfone in Oktober nie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Drie dood in skietery in Ravensmead

WhatsApp het aangekondig die toep gaan in Oktober ophou werk op sekere selfone.

WhatsApp het gewaarsku die WhatsApp-toep sal nie meer onderrsteun word op slimfone wat met Android 4.0 of minder werk en iPhones wat op sisteme werk onder iOS 2 nie.

WhatsApp het gesê boodskappe sal gestuur word aan mense wie se toestelle nie meer die toep sal kan gebruik nie. Hulle het as rede aangevoer dis om by te bly met die nuutste tegnologie.

Van die selfone wat nie meer WhatsApp gaan kan gebruik nie, is:

  • HTC One
  • Sony Xperia Z
  • LG Optimus G Pro
  • Samsung Galaxy S2
  • Samsung Galaxy Nexus
  • HTC Sensation
  • Motorola Droid Razr
  • Sony Xperia S2 en meer

Bronne: ECR, SA People, Jacaranda FM, Meme Burn

Lees ook: Drie dood in skietery in Ravensmead