WES-KAAP. – ‘n Vrou en man is gisteroggend in Aucubastraat in Zonnendal, Kraaifontein tydens ‘n skietvoorval dood.
Sers. Wesley Twigg sê die Kraaifontein-polisie ondersoek ‘n moord en geregtelike doodsondersoek.
Twigg sê die motief van die skietvoorval is deel van die polisieondersoek wat nie bekend gemaak kan word nie.
Titanium Securitas sê hulle mediese nooddienste het verskeie oproepe oor ‘n skietvoorval ontvang.
‘n Vrou met ‘n noodlottige skietwond is op die toneel aangetref. ‘n Manspersoon wat ook op die skiettoneel gevind is, was ook noodlottig gewond.
Volgens Titanium Securitas het die man na bewering die vrou binne die huis geskiet waarna sy oorlede is. Die manspersoon het ook ‘n noodlottige skietwond opgedoen.
Bron: SAPD en Titanium Securitas
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



