Kyk video: Slagoffer stamp ‘handsakdief’ met voertuig

Deel hierdie storie / Share this story

KZN. – ‘n Video waarin ‘n beweerde handsakdief gister sy moses teëgekom en tot stilstand gestamp is, word op sosiale media versprei.

Volgens Yusuf Abramjee en Crime In SA se Twitter-profiele het die voorval in die Bluff, in Durban plaasgevind.

In die CCTV-video-opname kan gesien word hoe twee booswigte ‘n vrou in ‘n Toyota Tazz by ‘n valhek teiken. Een kom van voor en een van agter na haar voertuig toe en ruk die deur aan die bestuurderskant oop, gryp haar handsak en laat spaander.

In die video kan gesien word hoe nog ‘n voertuig oor ‘n randsteen ry in ‘n poging om die slagoffer te help

Een van die verdagtes klim in ‘n wagtende Etios wat an wegry. Die ander verdagte is egter nie so gelukkig om weg te kan kom nie. Die slagoffer volg hom in haar Tazz en oorkant ‘n vulstasie ry sy bo-oor ‘n klein middelmannetjie en stamp hom waar hy bly lê.

In die agtergrond kan gesien word hoe sy makkers wegry.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel