Verwurgde baba langs hondehok gelos – polisie soek ma

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Die liggaam van ‘n pasgebore babadogter is Sondag omstreeks 12:00 langs ‘n hondehok by ‘n huis in Thabong gevind. Die Thabong-polisie het intussen die hulp van die gemeenskap gevra om die ma van die baba op te spoor.

Kapt. Loraine Earle sê die polisie is na ‘n huis ontbied. Die eienaar van die huis het vertel hoe hy die lewelose liggaam van die pasgebore babadogter langs die hondehok gevind en haar toegedraai het.

Nooddienste het haar dood verklaar. Earle sê die nadoodse ondersoek wat uitgevoer is, het bepaal die baba is verwurg.

‘n Moordsaak is geopen en daar word na die ma van die baba gesoek. Enigiemand wat met inligting kan help, word versoek om speur.konst. Schele Machese by 068 020 4719 te bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel