Stoof veroorsaak brand in Johannesburg

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Brandstofpryse vir Oktober sal waarskynlik styg

JOHANNESBURG. – Daar was ‘n vyfde brand in slegs drie weke in die Johannesburgse sakekern. Twee van die vyf brande is veroorsaak deur stowe wat aangelos is.

Een brand was in Mark- en Von Wiellighstraat in die sakekern. ‘n Eenslaapkamerwoonstel het aan die brand geslaan na ‘n stoof aan gelos is. Die inwoners kon die brand blus.

In nog ‘n voorval Maandagaand het 60 informele wonings aan die brand geslaan in Wynberg van ‘n stoof wat aangelos is.

Daar was ook ‘n brand by die SARS-gebou, die brand in die gekaapte gebou in Abertstraat waarin 77 mense oorlede is en nog ‘n brand naby die gekaapte gebou.

Bronne: IOL, The Citizen, VN Explorer

Lees ook: Brandstofpryse vir Oktober sal waarskynlik styg