Polisie moet hoes vir inhegtenisneming van pa wat formulemelk tydens grendeltyd koop

Deel hierdie storie / Share this story

Naas le Roux is op 7 Januarie 2021 tydens die staatsingestelde Covid-grendeltyd deur die polisie in Wierdabrug in hegtenis geneem toe hy die aand na Unitas-hospitaal se 24 uur noodapteek gegaan het om formulemelk vir sy baba te koop.

In ‘n video-opname van die voorval wat op AfriForum se sosiale media gedeel is, het Le Roux, wat die video neem, omstreeks 01:36 aan ‘n polisiebeampte verduidelik waarom hy die betrokke tyd nie die aandklokreël nagekom het nie en uit nood gery het om vir sy baba melk te koop.

AfriForum het op 18 Januarie 2021 tydens ‘n mediakonferenisie aangekondig die NVG weier om Le Roux te vervolg.

Genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, is in die Gautengse Hooggeregshof beveel om R150 000 as finale skikking aan Le Roux te betaal. Die polisie is ook vir sy regskostes verantwoordelik.

Die verweerders in die saak was die nasionale kommissaris, Gautengse provinsiale kommissaris, die stasiebevelvoerder van Wierdabrug, asook drie lede – AO Moloi, konst. Sithole en konst. Maela.

Barry Roux, woordvoerder vir AfriForum se privaatvervolgingseenheid, sê: “We are satisfied that Mr Le Roux received some compensation for being unlawfully arrested. But we ask what steps, if any, were taken against the police officers who acted outside of their duties. It cannot be that taxpayers have to cough up for the unlawful conduct of rogue police officers, and no steps are taken against such officers. Such elements must be removed from the police service.”

Bron: AfriForum

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel