Hollywood-skrywers gaan weer penne opneem

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Hollywood-staking vertraag Dune: Part Two tot 2024

LOS ANGELES, VSA. – Die leiers van die skrywersunie het Dinsdag aangekondig hulle staking is verby na hulle ‘n ooreenkoms met die produksiehuise bereik het.

Die lede van die unie sal tussen 2 Oktober en 9 Oktober vir die finale bepalings van die ooreenkoms stem.

Die ooreenkoms is in die guns van die skrywers, met bonusse wat belowe word vir ‘n reeks wat deur 20% of meer van die stromingsdiens se intekenare in die eerste 90 dae na vrystelling gekyk word.

Materiaal wat met die gebruik van KI (kunsmatige intelligensie) geskep is, kan nie gebruik word as “bronmateriaal nie” en die skrywers het die reg om te sê die gebruik van hulle materiaal om KI te leer, is verbode.

Die TV-werk en filmprojekte wat deur die staking opgehou is, kan nou voortgaan. Die akteurs staak steeds, maar daar is sprake dat dit ook binnekort verby sal wees.

Bronne: Briefly, EWN, ECR

Lees ook: Hollywood-staking vertraag Dune: Part Two tot 2024