Hollywood-staking vertraag Dune: Part Two tot 2024

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Hollywood-staking kan aangaan tot einde van die jaar

HOLLYWOOD, VSA – Die film Dune: Part Two is weens die Hollywood-staking tot Maart 2024 uitgestel.

Die staking beteken die film kan nie geadverteer word nie en kan nie in aanmerking vir toekennings kom nie.

Verskeie ander films soos Godzilla X Kong: The New Empire is ook deur die staking vertraag.

Die staking is oor die toenemende gebruik van AI en gebrekkige betaling. Skrywers het al vir verskeie maande gestaak toe die akteurs in Julie by hulle aangesluit het.

Bronne: BBC, Euronews, USA Today

Lees ook: Hollywood-staking kan aangaan tot einde van die jaar