Lees ook: Hollywood-akteurs staak oor salarisse en AI
Verskeie Hollywood-akteurs insluitend Jason Sudeikis en Susan Sarandon het aangesluit by die Hollywood-staking oor skrywers se vergoeding.
Die akteurs sal nie in enige nuwe films verskyn of bestaande films bemark tydens die staking nie. Die skrywers het in Mei begin staak oor vergoeding, werksomstandighede en die gebruik van AI.
Brian Cox, die hoofakteur in Succession, het aan die BBC gesê die staking kan “onaangenaam word” en dit kan “aangaan tot die einde van die jaar”.
Omtrent 160 000 mense het Donderdag middernag ophou werk en het Vrydag gaan betoog buite Paramount, Netflix, Warner Brothers en Disney.
Die akteurs en skrywers kla dat hulle minder geld maak as gewoonlik en dat inflasie hulle kontrakte beïnvloed.
Bronne: BBC, CBS News, Huffington Post, The Guardian



