Anna ster van ‘Here Comes Honey Boo Boo’ het terminale kanker

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Jacob Zuma ‘sal eers terugkom wanneer sy Russiese dokters sê hy mag’

Die ster van “Here Comes Honey Boo Boo’ Anna “Chickadee” Cardwell (28) is terminaal siek met kanker.

Sy is in Januarie met fase 4- adrenale karsinoom gediagnoseer. Sy het al vier rondtes van chemoterapie gehad. Haar ma het gesê “sy doen goed” en “hanteer dit goed”.

Volgens haar suster, Lauryn “Pumpkin” Efird (23) kan sy “nog steeds winkels toe gaan en self bestuur. Sy kan nog steeds die kinders heen en weer ry”. Sy het ook gesê Anna het al haar hare verloor weens die chemoterapie. “Sy het nie hare nie, sy het nie wenkbroue nie en sy het niks hare op haar arms nie”.

Volgens Anna se jongste suster Alana “Honey Boo Boo” Thompson (17) maak die behandeling Anna se lyf moeg, “maar behalwe dit doen sy heel goed”.

Die familie het gesê hulle aanvaar dat Anna enige tyd haar stryd teen kanker kan verloor en hulle “neem dit een dag op ’n slag”.

Bronne: IOL, Metro, Page Six

Lees ook: Jacob Zuma ‘sal eers terugkom wanneer sy Russiese dokters sê hy mag’