Lees ook: Kevin Spacey ontken ‘aggressiewe’ optrede in seksuele-aanrandingverhoor
Verskeie Hollywood-akteurs het by die skrywerstaking oor beter vergoeding aangesluit. Minstens 160 000 akteurs het om middernag ophou werk in Los Angeles, wat meeste film- en televisieproduksies tot ‘n stilstand gebring het.
Die Screen Actors Fuild (SAG) wil hê winste moet meer regverdig gedeel word en werksomstandighede moet verbeter. Hulle wil ook keer dat AI nie gebruik sal word om digitale replikas van akteurs te maak om hulle te vervang nie.
Terwyl die staking aan die gang is, kan akteurs nie in films verskyn of die films wat reeds gemaak is, help bemark nie.
Die staking sal vandag buite die Kalifornië Netflix-hoofkantoor begin en dan beweeg na Paramount, Warner Bros en Disney.
Bronne: BBC, USA Today, LA Times
Lees ook: Kevin Spacey ontken ‘aggressiewe’ optrede in seksuele-aanrandingverhoor



