Emer-G-Med se paramedici het Vrydagoggend op die toneel van ‘n ernstige motorvoertuigbotsing op die R50 naby Delmasweg gereageer.
Twee voertuie het gebots teen een wat omgeslaan het.
Twee persone het noodlottige beserings opgedoen en is met paramedici se aankoms dood verklaar, terwyl twee ander vir matige beserings behandel is en na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere sorg.
Weens gure weerstoestande het ‘n tweede botsing in die verkeer, waarby verskeie voertuie betrokke was, plaasgevind. Ses persone is vir matige beserings behandel en met ambulanse na nabygeleë hospitale vir verdere sorg vervoer.



