Kevin Spacey ontken ‘aggressiewe’ optrede in seksuele-aanrandingverhoor

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Kevin Spacey beskryf as ‘glibberige’ man wat vermy moet word

Kevin Spacey, die akteur van House of Cards, het gister in die Southwark-kroonhof getuig hy is ‘n “groot flirt” maar het aantygings van “aggressiewe optrede” ontken.

Spacey word deur vier mans aangekla van seksuele misdrywe tussen 2001 en 2013 terwyl hy in die VK was. Spacey het alle aanklagtes ontken.

Een van die mans het getuig hoe Spacey hom verskeie kere seksueel aangerand het en sy privaatdele een keer in ‘n kar gegryp het, wat amper ‘n ongeluk veroorsaak het.

Spacey het erken hy het aan die man gevat, maar hy het gesê hy voel dit was romanties. Hy het ook gesê hulle het by mekaar aangelê tot die man gesê het hy wil nie verder gaan nie.

Spacey het gesê hy is “verpletter” na die aantygings teen hom gemaak is en dat hy voel of die vier mans hom “in die rug gesteek het”.

Bronne: ECR, Daily Telegraph, Japan Today, BBC

Lees ook: Kevin Spacey beskryf as ‘glibberige’ man wat vermy moet word