PHOENIX. – Twee paramedici is Sondagaand lig beseer toe hulle met ‘n ambulans in ‘n ongeluk betrokke was.
KZN VIP Protection Services sê paramedici het verskeie noodgevalle in die nat weersomstandighede bygewoon.
Dit was terwyl hulle op pad was na nog ‘n ongelukstoneel op die R102 naby Trade Centre toe hulle self in ‘n ongeluk betrokke is.
Bedankings is uitgespreek teenoor persone wat gestop en gehelp het om die mediese beamptes uit die ambulans te kry, waarna hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem is.
Bron: KZN VIP Protection Services
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



