Kyk: NCIS se geliefde Ducky sterf op 90

Deel hierdie storie / Share this story

David Keith McCallum oftewel geliefde akteur Ducky van NCIS is gister in die ouderdom van 90 jaar ‘n week na sy verjaarsdag in die New York Presbyterian Hospitaal aan natuurlike oorsake met sy familie by hom, oorlede.

Hy is op 19 September 1933 in Glasgow, Skotland gebore en was ‘n akeur en musikant wat vir vele beminde rolle onthou sal word, soos die van Ducky in NCIS, BATMAN, The Man From U.N.C.L.E. en vele meer.

Hy was met die aktrise Jill Ireland getroud en het drie seuns gehad. Hy is later met Katherine Carpenter getroud en het ‘n seun en dogter gehad. “Ducky” spog met ses kleinkinders.

Bronne: Wikipedia, CNN, David McCallum Fb-blad en BBC

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel