Gesamentlike gedenkdiens gereël vir vlootduikers oorlede naby Kommetjie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Alle veiligheidsmaatreëls gevolg tydens hervullingoperasie – SA vloot

KOMMETJIE, KAAPSTAD. – ‘n Gesamentlike gedenkdiens vir die drie vlootduikers wat verlede week tydens ‘n hervullingoperasie gesterf het, sal Woensdag gehou word.

Lt.kol. Gillian Elizabeth Hector, AO William Masela Mathipa en AO Mmokwapa Lucas Mojela is oorlede na hulle duikboot deur hewige branders meegesleur is tydens ‘n vertikale hervullingoperasie.

Vier van die sewe bemanningslede het oorleef en drie is reeds uit die hospitaal ontslaan. Die vloot het gesê hulle sal die voorval ondersoek, maar alle veiligheidsmaatreëls is gevolg.

Die families van die oorledenes het gevra vir privaatheid om te rou na hulle glo deur die media oor die voorval uitgevra is.

Bronne: IOL, News24, News365

Lees ook: Alle veiligheidsmaatreëls gevolg tydens hervullingoperasie – SA vloot