Lees ook: Luis Rubiales moet huis verkoop vir regskoste na soen
SPANJE. – Miguel Garcia Caba, die Spaanse sokkerfederasie se direkteur van integriteit, is Vrydagaand tydens ‘n wedstryd van die Spaanse nasionale vroueliga afgedank.
Sy afdanking is in ‘n sosialemediaplasing aangekondig 25 minute na die wedstryd teen Swede begin het. Die verklaring het slegs gelui dat besluit is om nie langer die dienste van Miguel Garcia Caba te gebruik nie.
Die Spaanse sokkerfederasie het hom tot ‘n skoonmaakproses verbind na die wenners van die Wêreldbeker-vrouetoernooi met ‘n staking gedreig het.
Caba se ontslag is die jongste in ‘n reeks afdankings na Luis Rubiales se kop eerste gerol het nadat hy Jenni Hermoso na die Wëreldbeker-vrouetoernooi sonder toestemming gesoen het.
Rubiales ontken die klagtes teen hom en sê hy moet sy huis verkoop om sy regskoste te betaal na Hermoso ‘n kriminele saak teen hom oopgemaak het. Sy eks-vrou het ook vir meer onderhoudgeld vir elkeen van hulle drie dogters gevra.
Bronne: Express, The Sun, News Flash
Lees ook: Luis Rubiales moet huis verkoop vir regskoste na soen



