Lees ook: Luis Rubiales in hof oor soen
MADRID, SPANJE. – Luis Rubiales, die voormalige sokkerhoof, moet sy £1.2 miljoen huis verkoop om sy regsfooie te betaal na sy ongevraagde soen op Jenni Hermoso se mond.
Rubiales moet regsfooie betaal na Hermoso en aanklaers hom aangekla het van seksuele aanranding na hy haar sonder toestemming op die lippe gesoen het. Sy eks-vrou by wie hy drie dogters het, het ook gevra vir meer onderhoud vir hulle kinders. Hy moet nou 800 euros per maand meer betaal vir elke dogter.
Rubiales is verbied om Hermoso te kontak of om naby haar te gaan na sy gesê het hy probeer druk op haar en haar familie plaas om te sê sy het toestemming vir die soen gegee.
Hy het verlede week in die hof verskyn. ‘n Kriminele ondersoek is deur die regter geloods na die aanklaers ‘n formele klag teen hom gelê het.
Bronne: The Sun, Inside Express, Mail Online
Lees ook: Luis Rubiales in hof oor soen



