Luis Rubiales in hof oor soen

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Luis Rubiales moet in hof verskyn oor ongevraagde soen

MADRID, SPANJE.- Luis Rubiales is vandag in die hof op aanklagtes van seksuele aanranding en dwang na sy ongevraagde soen op die lippe van Jenni Hermoso.

Rubiales is vandag in die hof om te reageer op die aanklagtes teen hom. Spaanse aanklaers en Jenni Hermoso het ‘n klag van seksuele aanranding teen hom gelê. Die hof moet besluit of daar ‘n verhoor sal wees.

Rubiales het Hermoso na die Vrouewereldbeker op die lippe gesoen. Sy het gesê dit was sonder toestemming, maar Rubiales hou vol hy het toestemming gehad.

Bronne: BBC, Euronews, Independent

Lees ook: Luis Rubiales moet in hof verskyn oor ongevraagde soen