Lees ook: Polisie in VK sê klag van seksuele aanranding is teen Russell Brand ingedien
VSA. – Russell Brand het Vrydag op Instagram sy aanhangers vir hulle ondersteuning gevra na hy deur verskeie vroue beskuldig is van seksuele aanranding, verkragting en emosionele mishandeling.
’n Saak van seksuele aanranding teen hom is in die VK oopgemaak.
Brand (48) het in sy video op Instagram gesê die aantygings teen hom is deel van ’n “sameswering” teen hom deur die Britse regering en die media. Hy het gevra vir ondersteuning en het sy aanhangers bedank vir die feit dat hulle “die aantygings teen hom bevraagteken”. Hy het ook gekla oor hoe “stresvol en ontstellend” die week vir hom was.
Brand het ook voorheen gesê die bewerings teen hom is vals. ’n Ondersoek deur The Times, Sunday Times en Channel 4 is Saterdag gepubliseer met bewerings van verskeie vroue dat Russell Brand, aktivis, komediant en akteur, hulle verkrag, seksueel aangerand en emosioneel mishandel het. Een van die beweerde slagoffers het gesê sy was net 16 toe hy haar aangerand het. Nog verskeie vrouens het glo met aantygings teen Brand na vore gekom.
Bronne: BANG Showbiz, New York Post, The Sun
Lees ook: Polisie in VK sê klag van seksuele aanranding is teen Russell Brand ingedien



