SOSHANGUVE. – Twee verdagtes wat na bewering Woensdag met “dagga-muffins” die hospitalisasie van 90 leerlinge verbonde aan Laerskool Pulamadibogo veroorsaak het, het vandag na spoedige inhegtenisneming vir klagtes van poging tot moord in die Soshanguve-landdroshof verskyn.
Steve Mabona, woordvoerder van onderwys in Gauteng, sê die muffins is aan die leerlinge verkoop wat dit daarna geeët het. Al die leerders wat gehospitaliseer is, is intussen ontslaan.
Die saak van die twee verdagtes is na 29 September uitgestel.
Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in die provinsie, het die polisie vir die spoedige inhegtenisnemings van die beweerde verdagtes geprys. Hy het dankbaarheid uitgespreek teenoor leerlinge wat reeds besig is om te herstel en dié wat steeds olik voel, beterskap toegewens.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



