KZN. – ‘n Sekuriteitsbeampte by Westville-winkelkompleks is Woensdagmiddag kort nadat die kompleks beroof is, raakgeskiet.
ALS Paramedics het verskeie oproepe vir hulp tydens die skietvoorval ontvang.
Met aankoms op die toneel is die sekuriteitsbeampte met skietwonde in sy bene gevind.
Hy was ernstig beseer en is eers op die toneel deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer voordat hy vir verdere mediese versorging na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is.
Die polisie was vir ondersoek op die toneel teenwoordig.
Bron: ALS Paramedics
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



