Sophie Turner soek haar kinders terug

Deel hierdie storie / Share this story

Sophie Turner (27), die Game of Thrones-aktrise en haar man, Joe Jonas (34), se hangende egskeiding het ‘n lelike wending geneem toe sy Donderdag ‘n klag by die hof in Manhatten teen haar vervreemde man ingedien het.

Die hofdokumente, wat verkry is deur PEOPLE, vra dat haar twee kinders, die drie-jarige Willa en ‘n dogtertjie van 14 maande – wat vroeër in hofdokumente net as “D” geïdentifiseer is – na Engeland teruggebring word.

In die klag teen Jonas vra Turner se regspan vir die “onmiddellike terugkeer van kinders wat onregmatig verwyder of onregmatig terughou is” en beweer dat die onregmatige terughouding op 20 September begin het.

Turner beweer dat sy en Jonas ooreengekom het om Engeland as hul permanente woonplek te maak tydens besprekings wat tydens Kersfees 2022 plaasgevind het terwyl hulle hulself vir die komende jaar voorberei het.

Volgens die dokumente het die paartjie hul Miami-huis verkoop en was hulle besig om ‘n huis op die Engelse platteland in April te koop. Op daardie stadium het Turner begin werk aan ‘n die Joan-mini-reeks. Volgens die dokumente het beide partye ingestem om die kinders toe te laat om hom te vergesel toe Jonas saam met The Jonas Brothers begin toer het, omdat hy meer beskikbare dagure gehad het om vir hulle te sorg as Turner, wie toe moes werk. Die dokumente merk op dat Turner ‘n mate van aarseling gehad het oor hierdie “tydelike reëling.”

Volgens die dokumente het Jonas besit van die kinders se paspoorte. Hy weier om die paspoorte aan Turner terug te gee en weier om die kinders saam met haar terug te stuur Engeland toe.

Die dokumente beweer verder dat Jonas se prokureur aan Turner se regspan op 19 September bevestig het dat hy nie die paspoorte sou teruggee nie en nie toestemming sou verleen vir hul dogters om te verhuis nie.

Jonas en Turner is in 2019 getroud. Hulle het ‘n gesamentlike boodskap op hulle sosiale media platforms gemaak toe hulle besluit om te skei:

“Na vier wonderlike jare van huwelik het ons gesamentlik besluit om ons huwelik in onderlinge ooreenkoms te beëindig… Daar is baie spekulatiewe verhale oor waarom, maar werklik is dit ‘n eenstemmige besluit en ons hoop opreg dat almal ons versoek om ons privaatheid te respekteer, vir ons en ons kinders, kan eerbiedig.”

Turner beweer wel dat die ineenstorting van hul huwelik “baie skielik” gebeur het na ‘n argument op 15 Augustus, met Jonas wat op 5 September aansoek gedoen het vir ‘n egskeiding en sy het dit ‘n paar dae later deur die media te hore gekom.

Die kwessie van toesig het op die spits gedryf toe die twee twee weke later ontmoet het om die volgende stappe na hul skeuring te bespreek, beweer Turner se versoek, waar sy die plan om na Engeland te trek “herhaal” het en Jonas ‘n verandering van hart getoon het.

Bronne: PEOPLE, EOnline,