Lees ook: Alle veiligheidsmaatreëls gevolg tydens hervullingoperasie – SA vloot
GAUTENG. – Die polisie ondersoek ‘n “sindikaat” wat na bewering lede van die LGBTQ-gemeenskap teiken.
Sewe mans is Woensdag by die Denver-koshuis, Johannesburg, in hegtenis geneem wat glo ‘n student (18) daarheen gelok het deur Grindr. Hulle het R30 000 losprys geëis by sy familie vir sy veilige terugkeer. Een van die verdagtes is in hegtenis geneem by die OTM waar hy die geld vir die leerling se losprys getrek het. Hy het hulle gelei na die koshuis waar die ander mans in hegtenis geneem is en die leerling gekry is.
Die polisie het gesê die sewe verdagtes word aan minstens 86 sake verbind waarin lede van die LGBTQ-gemeenskap geteiken is vir ‘n losprys. Die verdagtes sal aangekla word van ontvoering en afpersing.
Bronne: EWN, Cape Talk, The Africa
Lees ook: Alle veiligheidsmaatreëls gevolg tydens hervullingoperasie – SA vloot



