Jongman doodgeslaan, nog ‘n beweerde verdagte kry borg

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – Celvin Seaborne (21) is glo Saterdag 9 September 2023 om 04:50 tydens ‘n argument wat hy wou help opbreek by ‘n BP-vulstasie op die hoek van Charl Cilliers- en Karel Trichardtstraat in Mountain View doodgeslaan.

Gerhard van der Merwe (27) het intussen vir die voorval in die hof verskyn, waartydens hy volgens Charlotte Seaborne borg ontvang het en weer op 15 November in die hof moet verskyn.

Volgens ‘n sosialemediaplasing van Charlotte Seaborne het Donovan Troskie ook in die hof verskyn, waarna hy borg ontvang het.

Sy het in ‘n vorige plasing gevra vir ooggetuies wat daardie aand gesien en gehoor het wat gebeur het om na vore te kom en verklarings by die Hercules-polisiestasie of by die prokureur, Elzabe Brink, by 083 254 7346, af te lê.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel