GQEBERHA. – ‘n Jong boggelrugwalvis is Donderdag deur NSRI-lede, waarvan sommige vir die SA Whale Distanglement Network opgelei is, in reddingstuie gehelp nadat die jongeling in vislyne vasgeknoop was.
Die walvis is deur die eienaar van ‘n huurboot, genaamd My Bru of Raggie Charters, in ‘n groep opgemerk.
Reddingstuie het die moëe en lustelose jong walvis, van ongeveer 9 meter, met ongeveer 17 meter vislyn met twee reddingsboeie aan gedeeltes van sy lyf geknoop, gevind.
Voorsorgmaatreëls is getref om die walvis te keer om onder die seewater in te duik, maar die dier was so moeg dat dit nie nodig was nie en daar is begin om die vislyn te verwyder.
Die opgeleide lede moes tydelik weens gebreekte toerusting stop. Hulle het van die dier wegbeweeg en die reddingspoging bespreek.
Hierna kon hulle naby genoeg aan die dier kom en het die vislyn met boeie losgesny totdat die walvis vrylik kon wegbeweeg.
Die vislyn met boeie wat losgesny is, is na die land gebring.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



