SARS-brand in Johannesburg het nie enige dokumente verwoes nie

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Cyril Ramaphosa kan deur SARS ondersoek word oor ‘verborge miljoene’

Groot skade aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se Johannesburg-tak het tot die tydelike sluiting daarvan gelei. Dit volg na die brand wat Woensdag daar uitgebreek het.

Die woordvoerder van die Johannesburgse noodbestuursdienste, Nana Radebe-Kgiba, het gesê die brand het die kelderverdieping van die Marshalltown-gebou, wat as ’n stoorkamer gebruik is, geraak. 

Werknemers is ontruim. Tot dusver is geen sterftes of beserings aangemeld nie. Geen dokumente is glo in die brand verwoes nie as gevolg van SARS se digitalisering van rekords.

#SARS #Johannesburg #Brand #Dokumente

Bronne gebruik: EWN; News24; TimesLive.